Sunday, October 14, 2007
Verhuising na Wordpress
Na maande en maande se stilte het ek besluit om weer die blogosfeer te betree, en wel by Wordpress. Alles van die Blogger-blog is reeds soontoe geskuif. Die nuwe adres is www.rondloper.wordpress.com
Sunday, May 20, 2007
My nuwe huis
Ek is terug in die land en het my gehaas na Strydenburg, waar Gunther my gehelp het om die plek te restoureer. Hy is basies klaar, en hier is solank 'n paar voor en na foto's. Wag net vir die meubels en die dekor, die mooiste huis in die Karoo is besig om vorm aan te neem! Hier is die vooraansig aan die begin. Let op die pienk kleur . . .
Nou lyk dit so, meer gepas vir die woestyn-omstandighede, en baie, baie mooier.
Die voorstoep, en dis Gunther daar agter by die deur.
Binne was sulke dennehoutplanke teen die mure. Dalk mooi . . . maar nie vir my nie, ek het die vloermatte vervang met hout, en dit sou bots met die dennehout teen die muur.
Dis wat ek laat doen het. Limewash die hout teen die mure, en mooi nuwe houtvloere.
Die badkamer het novilon op die vloer gehad, en die teels was swak afgewerk.
Nou is daar teels wat lyk soos klip (weer die woestyn-idee . . . ) en die ou wit teels is bietjie beter afgewerk.
Hierdie kamer, soos die hele huis, het matvloere gehad, en die kamer het ook blou mure gehad. (Die blou gordyn wat hier uitsteek is nog 'n oorblyfsel van die oertyd.) Net om 'n idee te gee van wat ek beplan, outydse meubels, daar is houtvloere oral, en die mure is reg deur die huis wit, vir koelte en rustigheid.
Die braaigebied voorheen . . .
En nou, geplavei en gesnoei. Bruikbaar . . .
Dorpies
Nog so 'n laaste paar foto's van my trippie. So tipies van Hong Kong. Woonstelle wat reik na die wolke. Die meeste woonstelgeboue is inderdaad veel ouer, maar hierdie is op die eiland Lamma, naby die lughawe, waar 'n heeltemal nuwe dorp ontwikkel word. Want daar is maar net nie meer veel plek oor nie . . . Maar ek moet se^, na Seoel voel Hongkong amper 'n bietjie soos 'n klein dorpie . . . En Kaapstad dus soos 'n baie, baie klein dorpie . . .
Spitstyd in Hongkong is besig . . . In Causeway Bay se moltreinstasie op pad boontoe.
En buite op straat, dis op Hongkong-eiland.
So tegnolgies gevorderd as wat Hongkong is, met paaie en moltreine wat onderdeur die see loop en elke deeltjie van die gebied met mekaar verbind, bou hulle steeds met bamboes, want dis net soveel sterker as ander soort stellasies en blykbaar baie makliker en vinniger om op te slaan.
Terwyl ek met 'n kabelkar na die Groot Boeddha-beeld gery het, het ek hierdie mense doer onder in die see gesien. Ek vermoed hulle haal mossels of ander soorte skulpdiere uit.
En dis die Groot Boeddha. Daar is nou 'n nuwe 'tradisionele' dorpie aan die voet daarvan, maar dis eintlik net 'n tourist trap. Die beeld is wel indrukwekkend. Maar dis nie 'n vreeslike serene uitstappie nie.
By die tempel is daar darem 'n wierook-reuk in die lug en bietjie stilte, weg van die massas toeriste. En daar is 'n mooi blik op die beeld van die tempel se trappies af.
Met die terugry met die kabelkar, is daar pragtige uitsigte, maar mens kan ook duidelik die besoedeling in die lug sien. Ek is regtig baie lief vir Hongkong, ek dink dis een van die mees opwindende stede, maar die besoedeling raak soms erg. Dis vir my altyd vreemd dat dit lyk of niemand dit raaksien nie, asof mense nou maar gewoond is aan die vuil lug. Ek kan nie anders as om elke nou en dan te sien die lug is maar dowwerig nie . . .
Wednesday, May 16, 2007
Nuut

Wat is die kans dat ek in Asie" sal rondreis en nie een of ander wonderlike nuwe gadget sal optel nie? Nul, nul en nul! Hierdie is die Zen Vision W. Die W staan vir Widescreen. Dis 'n MP4-speler waarop ek meer as 120 uur se DVD's kan laai, wat ek dan enige tyd en enige plek, soos teoreties op die subway in Seoel terwyl ek werk toe ry, kan kyk. En ek kan al my foto's daarop laai, en musiek, en radio luister, en my dagboek, en opnames maak, en die videos op 'n TV kyk ens. ens. ens. Pragtig. En ek het minder as die helfte betaal van wat ek sou in SA. Ons handelaars daar bemark hulsef uit besigheid uit. Ek hoop iemand belangrik lees hierdie.
Nog 'n bietjie Korea
Hier's nog 'n paar prentjies van Seoel. Hongkong volg later. En more glip ek dalk gou oor die grens na China, dan sal daai prentjies ook later volg. Ek was gelukkig genoeg om by (een van die vier) koninklike paleise in Seoel aan te kom terwyl die Changing of te Guards aan die gang was. Baie mooi.
En in Korea is die lewe nog sorgvry as jy 'n klein kind is. As jy hoe"rskool toe gaan, raak dinge baie moeilik. Universiteit is net pret, jy sal in elk geval slaag. Maar dan begin die werklewe en raak dinge weer sleg.
Tog is daar tyd vir 'n stil oomblik langs die koninklike somerpawiljoen waar jy die stilte, bome, en vrede kan geniet.
En wanneer jy oud raak, spandeer jy jou middag in die volkspark, waar jy speletjies saam met jou tydgenote kan speel, kan nadink oor die Koreaanse oorlog, en kan probeer om jou pensioen aan te vul deur ditjies en datjies te verkoop.
In Korea, anders as in Suid-Afrika, is daar steeds baie voorbeelde van die Hyundai Sonata 1998-model op straat te sien. Anders as wat sommige van my vriende meen, is dit dus tog 'n motor wat lank hou. In Suid-Afrika het ek al twee gesien, hierdie is een, wat my tot in die Karoo en terug gebring het. Hou my blog dop vir nuwe foto's van hierdie huis in Strydenburg, wat intussen heeltemal gerestoureer is. Ek gaan Vrydagaand soontoe as ek terug is in SA en sal dan hier wys hoe lyk die nuwe plek.
Wie's bang?
Nie dat ek nodig gehad het om die toets te doen nie, maar ek is tog effe verras met die antwoord. Toets jouself, en stuur jou antwoord hierheen, as jy niks het om weg te steek nie.

Your Score: Mostly Gay
You scored -30 (-52 being completely gay, 0 being bisexual, and 52 being completely straight)

You are mainly homosexual, but you have a few heterosexual qualities. You much prefer the same sex, but you have a mild interest in the opposite sex. While you would jump at the opportunity to screw someone of the same sex, you might be up for experimenting with members of the opposite sex if given the opportunity. If you are sexually inexperienced, you could shift on the spectrum at a later time depending on whether you have sexual encounters with the opposite sex and whether or not you like those encounters.
| Link: The Sexuality Spectrum Test written by tall_man_54 on OkCupid Free Online Dating, home of the The Dating Persona Test |
Saturday, May 12, 2007
Neon
Ek vra innig, in die Koreaanse styl, my familie, vriende, my land en sy mense, die res van die wereld en alle ander bloggers om verskoning dat ek so 'n swak blogger was die afgelope tyd en daardeur die res van die blog-gemeenskap skade aangedoen het. Maar hier gaat ons weer! Ek is nou al twee weke in Asie en het nog niks geblog nie, skande. In die algemeen is hierdie reis bloot 'n kuier-reis, ek het vir my vriende op verskillende plekke kom hallo se^. Ek het net een nuwe land besoek (Korea) en een nuwe plek (Langkawi in Maleisie). Verder net bekende plekke. Ek gaan moontlik volgende week gou China toe, afhangende van of ek betyds 'n visum kry. Ek plaas nou 'n fotoverhaal van die afgelope twee weke. (My Blogger is op die oomblik in Koreaans . . . ) Hier volg sommer 'n paar straattonele van Seoel, waar ek nou is. Die plek laat my baie dink aan flieks wat ek al van Japan gesien het. Ek persoonlik weet maar baie min van Korea, maar ek weet hulle en die Jappanese haat mekaar, hoewel hulle eintlik baie eenders is. Dis 'n baie, baie indrukwekkende stad, met mense wat lyk of hulle net werk, werk, werk, en dan baie, baie hard kuier as die werk klaar is. En nie slaap nie. Nooit slaap nie, behalwe op die subway.

Die eiland
Seoel se Incheon-lughawe is geheel en al op 'n mensgemaakte eiland in die see gebou. Wonderwerke gebeur blykbaar soms. Dan is daar snelwee wat seelangs loop, terug na die vasteland.
En die stad se subway is nog 'n wonderwerk. Hier is so baie lyne ek weet soms nie waar ek is nie. Jy moet nogal kophou met al die name ook, vir my heeltemal vreemd op die oor en al se^ iemand die naam wat ek soek, vergeet ek dit sommer dadelik.
By een van die stasies sien jy dit as jy boontoe kyk.
Koreaanse styl aandete. Ons sit op die vloer, en die kos word op die tafel gebraai. Dis my vriend Marshall die skrywer, wat hier woon.
Dis ek, wat nie hier woon nie. Maar wie weet . . .
Waar is dit?
Daar is 'n hotel in Hongkong wat lyk soos iets uit middel-Amerika of 'n verlate Karoodorpie in die jare vyftig. Waar 'n vreemde, onwelriekende vloeistof wat later sou blyk bloed te wees van die jongste slagoffer van die zombies wat in hierdie godverlate dorpie hul tuiste gemaak het, onder die deur sou kon insypel. Maar hierdie plek is in Hongkong.

Die suidooste
Dit het vreeslik baie gereen in Phnom Penh.
Vreeslik baie.
Die verkeer was selfs meer chaoties as wat ek van my vorige besoeke kan onthou. Saigon was vir my voorheen die plek met die mees chaotiese verkeer denkbaar, selfs erger as Indie, die dermiljoene motorfietse, riksjas, fietse, karre, donkies, beeste, enigiets beweeg letterlik in alle rigtings, daar is baie min robotte en niemand stop in elk geval nie. Kambodja lyk of hy daarop afstuur. Seker logies, want hulle was lank 'n Vietnamese 'kolonie' en dis die mense wat hulle probeer navolg. Agter is die sentrale mark wat deur die Franse gebou is.
Ek het die eerste keer Bankok se veelbesproke nuwe Suvarnabhumi-lughawe gesien. Was net daar vir 'n paar uur in afwagting op my aansluitingsvlug na Hongkong. Dis 'n betonpaleis/betonmonster (kies self een).
Baie kil en bar, meen ek.
Donker eiland
Langkawi is 'n eiland met 'n donker geskiedenis en selfs vandag is die sand op een van die strande onheilspellend swart, soos Seng hier wys . . .
Want hierdie graf, die graf van 'n jong dame wat sewe generasies gelede geleef en tragiese gesterf het, hou die sleutel. Sy is deur die koning van die tyd van owerspel beskuldig en ter dood veroordeel, deur op 'n brandstapel te sterf nadat iemand 'n dolk in haar hart gedruk het. Sy het in haar sterwensoomblik die eiland vervloek dat dit sewe generasie lank baie sleg daar sal gaan. Die vloek het so 'n paar dekades gelede verval, en sedertdien floreer Langkawi. Sy word deur die Maleisiers as 'n heilige gesien omdat sy vals beskuldig is en dus 'n martelaarsdood gesterf het. Nou is daar 'n gendenktuin opgerig waar haar graf is.
Daar is 'n hok met koerkoer-duifies in die gedenktuin.
Mens kan met 'n kabelkar teen die hoogste berg op Langkawi opry. Dis 'n baie lang kabelkar en hy beweeg nogal vinnig. Onder is net oerwoud en die blou, blou see. En bo, is jy in die wolke.
Met die terugkomslag, as mens deur die wolke breek, sien jy die see en dele van die eiland. Dis baie, baie mooier as Phuket, waar ek verlede jaar was, en ook baie meer ongerep, die ontwikkeling is van so 'n aard dat die eiland nog redelik ongeskend voel. Goeie plek vir Suid-Afrikaners om vakansie te hou, want dis ook baie goedkoop.
Die beste kos
Hierdie is die laaste episode van die jongste fotoverhaal.

Die lekkerste ding in Maleisie is die kos. Ek het nog nie op enige ander plek so lekker ge-eet nie. Kyk net daai krappe, daai gestoomde vis . . . Andrew (links) en Seng (voorheen op hierdie blog genoem Jeff, maar voortaan gebruik ek sy Chinese naam) het my na hierdie straatrestaurant in 'n voorstad van Kuala Lumpur gebring. Feesmaal.

In die kabelkar op pad na 'n monument aan blink liggies en verpakte vermaak - die Genting-hoogland buite KL. Heerlik koel daar, want dis so 700 m hoog en dis 'n verfrissende ontsnapping van KL se hitte. Ek het daai aand 600 ringgit (sowat R1200) by die casino gewen. Van links is Akira, Andrew, Freddy en Andre.

Wie's die mooiste model? Hierdie een . . .

Of hierdie een . . .

Het ek gese Maleisie is die plek met die lekkerste kos in die wereld. Ja, ek dink so. Daai bord met al die knoffel was vol paddas. Nou is hy leeg. En die paddas was baie, baie lekker. Al dieselfde mense.

Sunday, March 18, 2007
So ver
My huis in die Karoo is om een of ander snaakse rede steeds nie oorgedra nie, ek weet dinge vat langer in die platteland, maar hierdie slag vat dit besonder lank. Dis in die aktekantoor op die oomblik en sal seker, hopelik teen volgende week deur wees. Maar ek het gister anyway deurgery soontoe om te gaan kyk, want ek verlang na die Karoo. Daar is baie dinge wat ek nie onthou van die huis nie, soos die mure in die sitkamer het hout op (amper soos houtvloere, maar teen die mure?) Bietjie eienaardig, weet nog nie wat ek daarmee gaan doen nie. En dan is daar 'n courtyard aan die een kant van die huis met 'n braai wat ek nie eens laas raaksgesien het nie (ek dink ek het so Oktober laasjaar se kant gaan kyk, en toe sommer hier van die Kaap af per faks gekoop). Die courtyard is 'n lekker verrassing, ek sien sommer die swembadjie wat ek daar gaan insit. Dis 'n lekker private hoekie vir lekker kuier. Verder was ek oudergewoonte heeltemal beindruk met die Karoo se ooptes en so 'n trippie soontoe maak altyd my kop lekker oop. Die huis is op Strydenburg, vir die wat dalk nie weet nie, dis ver, baie ver van die Kaap af, 750 km, maar lekker. Klein ou dorpie met baie karakter. Speel in my agterkop steeds met die gedagte om dit weer 'n (klein) gastehuis te maak, die dorp is die halfpadmerk tussen Jhb en die Kaap (via Kimberley) en dus 'n gerieflike oornagplek. Enigiets om weer semi-selfonderhoudend te word, soos ek gewoond geraak het aan in Sutherland. En dat ek weer kan gaan travel net wanneer ek wil. Minstens is my volgende Oosterse reis nie meer te ver nie, einde April, en dan gaan ek die eerste keer Korea toe, sien baie uit!

Sononder op Victoria-Wes, onderweg na Strydenburg. Waar in die wereld is die lug so mooi?

Langs die N12, ook op pad na Strydenburg. Karoo-sononder.

Daar was al 'n foto hiervan, maar hier is hy weer, lyk nog dieselfde. En daar staan my nuwe kar ook.

En wat is 'n Karoo-dorp sonder 'n groot kerk. Of drie. Daar bly (my skatting) minder as 1000 mense op Strydenburg, ek het minstens drie kerke getel. Hierdie is die Gereformeerde Kerk.

Musiek vir die langpad

My geselskap hierdie naweek op pad na Strydenburg, en terug, was onder andere hierdie driestuks. Ek het een keer lank, lank gelede op aanbeveling van iemand 'n CD van Calexico gekoop (effense folksy, amper Meksikaans, bluesy musiek), ek was (en is) mal daaroor. Maar Calexico het verskeie projekte, waarvan een Iron and Wine is, wat 'n fantastiese musiekgroep. Ek het al hier en daar met mense oor hulle gepraat, maar baie min mense ken hulle blykbaar. Ek hou van musiek met gevoel, wat nie te veel raas nie, en mooi klink, dit werk vir my soos 'n bom. Anyway, toe ek nou onlangs weer 'n hele besending Iron and Wine en Calexico-CD's van Amazon bestel, verskyn daar onder die aanbevelings Sufjean Stevens, wat ek toe summier koop hoewel ek nog nooit eens van hom gehoor het nie. En wat 'n ontdekking! Ek raak verveeld met die stroperige musiek, of hip-hop twak wat ek meestal op die radio hoor, dan af en toe ontdek ek iets wat my net weer skoon opgewonde maak. Sufjean Stevens is so iets. Dis moeilik om te plaas as wat dit nou eintlik is, ook folk, maar bietjie anders. En die derde een hierbo is die Flaming Lips. Ook hulle leer ken via 'n Amazon-aanbeveling op 'n vorige Calexico-bestelling. Daar is een song op die CD wat klink soos 'n anthem, moody, meesleurend, met die vreemde titel Pompei am Gotterdamerung, wat gaan oor twee mense wat staan en kyk hoe die lawa by die vulkaan uitspuit en vir mekaar sing hulle sal nou vir ewig as versteende mense mekaar se hande vashou. Maar moenie dink dis 'n soppy Westlife-tipe CD nie, o nee. Gaan luister gerus op Amazon. Mens moet jou horisonne altyd verbreed seg ek.
Saturday, March 03, 2007
Nuwe lewe

'n Huis op Teslaarsdal.
Jammer dat ek so lanklaas gepost het.
Eerste interessante nuus (waarna ek voorheen verwys het), is die groot verandering in my lewe. Ek het besluit om 'n pos by Die Burger te aanvaar as nagnuusredakteur, wat beteken ek sal in die aand werk (twee tot tien) en vir 'n jaar of wat bietjie meer vas wees as waaraan ek gewoond is of wil wees.
Maar dis met 'n doel, ek gaan hierdie tyd gebruik om my huis in Strydenburg, wat eindelik volgende week op my naam gaan kom, en my grond in Tesselaarsdal ontwikkel. Die plan met die grond is olywe en dalk een of ander eenvoudige huisie, die plan met Strydenburg is bloot om die huis se ou karakter te herstel, dis 'n ou huis, maar binne gemoderniseer. Alles in 'n baie goeie toestand, maar ek sal dit graag wil herstel na hoe dit was. Dus, vir my eie gemoedsrus het ek besluit 'n vaste werk vir 'n tyd sal dalk goed wees, net terwyl ek werk aan my lewensideaal om ekonomies onafhanklik te wees!
Vir interessantheid, hier is iets oor die geskiedenis van Tesselaarsdal, dis ongelukkig baie lank, maar baie interessant.
History of Tesselaarsdal: From 1663 the Dutch entered the Overberg using Gantouw Pass over the Hottentotts Holland Mountains. As farming activities in the Peninsula expanded cattle posts were established in the Overberg. One of the famous settlers in the Overberg was Johannes Jacobus Tesselaar.
Born 24th April 1748 and was a Lieutenant in the Cape Cavalry, as payment he received two farms in the Overberg. Hartebeestrivier and Steenboksrivier. Hartebeestrivier was a loan farm received during 1781 followed by 5 further farms. Tesselaar can be regarded as the first major land baron in the Overberg. It is a mystery how he obtained his wealth and by 1797 he possessed 14 male slaves 4 female slaves 125 horses 60 cattle and 505 sheep.
He married Alida van der Heyde on March 1775 the couple were childless and their will of 6th March 1809 stipulates that the farms and sums of money be left to relatives and the farm Hartebeestrivier and movables be left to slaves: Joachim Coert, Gert Gertse, Jan Gertse, Barend and Jan Frederick Bredenkamp, Alida Heizenberg, Christina Heizenberg, Elizabeth Heizenberg, Aletta Heizenberg and their descendants.
Tesselaar died at the end of 1801 and his wife Aaltjie continued farming until her death in 1832. In her will she stipulated that the slaves be freed and all those under the age of 15 be educated. The widow Tesselaar had employed an exceptionally large amount of Khoi servants in total 27 on her farm. In 1813 she owned 38 slaves, 148 horses, 10 wagons, 38 oxen, 32 cattle, 300 sheep and 100 goats. Apart from producing wheat and barley she also had 15,000 vines.
Of the 9 people who had inherited shares in the farm, only the Bredenkamps were to legally transfer their share to their descendants. The other members married and farmed with little records and informal boundaries. Land was used for sowing, gardening and grazing and was informally exchanged or transferred amongst the families and their descendants. Joggom Coert and Alida Heizenberg had married and had the largest family on the farm. Their daughter Helena married Hendrick Julies from Swellendam and from their daughter Louisa descends the Carelse family who still own part of the farm.
Many families came to occupy the land through marriage and some of them are: Groenewald, Fourie, Tier, Carelse, Stewart, Julies, Gardner, Conradie, Williamse, Abrahams, Swart, Geldenhuys, Matthee, Olwagen, Tobias, Avontuur, Smal, du Toit, Wyngaard and Nigrini. A section of the farm became known as Solitaire where a number of the above families resided. During the 20th century the D R C Mission Church, Anglican Church and a Primary School were established on the farm.
As was the custom people provided for their own daily needs and peddlers in the district supplying tea, coffee, sugar, spices and fabric. Card playing and dancing was popular. Regular trips were taken to Caledon by horse and cart an out span half way on the farm Dunhaye Park. Holidays were taken at Stanford and Hawston.
In 1971 the authorities tried to determine in court the rightful owners of the farm. The Overberg Divisional Council who had collected farm tax requested the Supreme Court to deal with the case. Two years later the court gave a verdict that the Council had no right to make such a case. It was decided to maintain the status quo that the farm would remain a mixed area and those who assumed inherited rights would pay tax.
A total of 128 people, 87 Coloured, and 41 Whites claimed rights to the land. In 1982 the Land Organising Committee was formed to settle the rights of ownership and the dispute between the Coloureds and Whites of Hartebeestrivier. Attempts by the Divisional Council to build a housing scheme were stopped by the Coloured community with fears that the 29 White families who were using a third of the farm would result that the area be proclaimed a White area. Land rights had been purchased from the struggling Coloured families who were unable to produce crops on their land because they did not qualify for State Agricultural subsidies.
It took the Land Organising Committee 10 years to sort out the ownership issue. After 1992 piped water and electricity was laid on and assistance rendered to owners who could not afford to pay transfer duties. Having legal ownership had enabled families to sell land to buyers from the city.
Tuesday, February 20, 2007
Rus verseker
Na die bloutjie wat ek met Santam geloop het (so 'n paar posts laer af) moet ek wel hier noem dat 'n foonoproep en 'n kwaaierige e-pos toe eindelik daartoe gelei het dat hulle wel uitbetaal het, wonder bo wonder. Dus, as regverdige beriggewer wat ek is, verkondig ek nou hier dat Santam my wel toe uitbetaal het na die diefstal. Ek dink nie dit sal met enigiemand gebeur nie, want my kar was amper niks meer werd nie. En dit was bietjie van 'n gesukkel, maar in elk geval, die diens was toe darem aan die einde van die dag nie te sleg nie. Ek is nog onseker of ek wel by hulle wil bly, aangesien Outsurance baie goedkoper is, en meer bied vir die premie.
Monday, February 19, 2007
Maputo 101
'n Paar mense het gevra oor Maputo, kostes, hoe kom jy daar en so aan.
Daar is deesdae direkte vlugte van die Kaap na Maputo, met SA Express, dit neem 2 uur en 20 minute. Die vlugte is Maandae, Woensdae en Vrydae in albei rigtings. Dit kos nogal baie van die Kaap af, so R4000, met belastings ingesluit. Ek het met Voyager-myle gevlieg, want mens gebruik byna presies dieselfde hoeveelheid Voyager-myle vir 'n vlug binnelands in SA (18000) of na al die buurlande (19200 as jy op die internet bespreek). Dit sluit vlugte in na Namibie, Zimbabwe, Malawi, Zambie en oo Beira heel in die noorde van Mosambiek. 'n Winskopie, as jy dink dis basies dieselfde prys as vir 'n binnelandse vlug.
As mens dit (sonder Voyager) goedkoper wil doen, sal ek voorstel jy vlieg van die Kaap na Johannesburg met Mango (R500) en vat 'n bus (Greyhound, Interkaap en die Mosambiekse diens Panthera Azul, almal luuks en net so ses uur lank).
Verblyf daar wissel erg, die meeste hotelle is relatief duur, of jy kan in baie scaly plekke bly vir goedkoop. Ek het in die Pestana Rovuma-hotel gebly, so R600 vir die kamer vir die aand ( vir twee) met ontbyt. Lekker groot kamer, swembad op die tweede verdieping met mooi uitsig oor die dorp, reuse-ontbyt, langs die katedraal in die middestad.
Dis dalk beter om een van die hotelle in die omgewing van die Polana te kies, want dis bietjie meer upmarket omgewing, daar is baie restaurante, dis naby die Marginal (die kuspad noord van Maputo, vol restaurante en kuierplekke). Daar is 'n hotel genaamd Hotel Terminus, billik geprys.
Die beste is as mens van die Kaap wil reis om eerder 'n pakket te koop, hulle kos so R4000 en sluit dan die vliegkaartjie en verblyf van drie nagte in, gewoonlik in die Polana of die Holiday Inn, wat die enigste hotel reg langs die see is.
Kos is Portugees-beinvloed, baie piri-piri-geregte, lekker baie vis, garnale, skulpvis, ook hoender, daar is baie koffiewinkels oral met lekker gebak en die heerlikste koffie op die vasteland van Afrika as jy my vra. Pryse is maar vergelykbaar met SA, soms bietjie meer of bietjie minder. Daar is baie informele plekkies, sommer stalletjies langs die pad, wat natuurlik goedkoper is. Bier is oral te koop, letterlik op straat, vanaf so R5 vir 'n 'man-size' blikkie op straat tot heelwat meer in restaurante of nagklubs.
Die lekkerste uitgaanplek na my mening is 'n plek met die naam 'Coconuts' op die Marginal. Daar is 'n swembad onder die palmbome, veerpyltjies, restaurante, en saans is daar twee dansplekke, een meer 'Eighties' en ouer en een meer Latyns en jonger. Laasgenoemde is baie lewendig en baie interessant, die een kant van die gebou is oop, daar is geen muur nie, net creepers en palmbome, dit voel of Tarzan enige oomblik daar gaan ingeswaai kom.. Baie prettige plek en al die mooi mense van Maputo hang daar uit, die naglewe begin baie laat, eers hier teen halfeen die oggend, en raak eers later as dit besig. Om oor die weg te kom is taxi's heel voldoende, mens moet net reel dat 'n taxi jou oplaai as jy iewers gaan waar dit lyk of daar nie taxi's rondstaan wat jou kan terugvat nie. Die middestad is klein, mens kan bedags basies oral loop, maar dis baie, baie warm en bedompig, selfs meer as Durban dink ek. Dis wel heel veilig, hoewel daar korrupte polisiemanne is wat mens soms voorkeer en jou 'dokumente' wil sien, hulle sal enigiets doen om iets fout te probeer vind en dan omkoopgeld te vra. Mens moet altyd jou paspoort by jou dra, en dan is jy orraait, al probeer hulle wat.

Elke Marxis in die wereld het 'n straatnaam in Maputo gekry. Mao Tsetoeng, Ho Chi Minh, Robert Mugabe, die hele lot is daar.

Die teelwerk teen die geboue kan, al is dit dikwels nogal onversorg, baie mooi wees.

Hier staan 'n baie klein rondloper langs 'n baie groot man in die ou Portugese fort.

O, die kos, heerlik! Hier is 'clams' in 'n piri-piri-sous, garnale in 'n knoffelsous, en stukkies roosterbrood, en 'n lekker 2M-bier. In hierdie plek het ons ook garnaal-samoosas geƫet, en ek het toe 'n seekos-sosatie gehad en Hugo 'n Prego-steak. Die vorige aand was daar kreefbredie op die spyskaart, by 'n plek met 'n uitsig oor die see.

Ek en Hugo in Restaurante Peri Peri. Dis die plek met die lekker kos op die boonste foto.

Voorspoed
Eiffel in die suide
Sekere lesers van Rondloper het die mening uitgespreek dat my (gereelde) foto's van geboue op plekke wat ek besoek hulle verveel. Wel, ek het nuus vir hulle, dit verveel my nie, ek hou van geboue, en hier is 'n paar mooi geboue wat ek in Maputo gesien het. Hierdie is die Ysterhuis (Casa do Ferro), gebou deur die einste heer Eiffel wat verantwoordelik was vir die toring wat sy naam dra in Parys, Frankryk. Hy het twee geboue in Maputo gebou. Die Ysterhuis sou die Portugese goewerneurswoning wees, maar natuurlik was dit ietwat onleefbaar in die tropiese hitte voor die dae van lugreeling en die goewerneur het omtrent 'n week in hierdie huis uitgehou.
Dit is deel van die stasiegebou, al lyk dit soos 'n banketsaal, ook gebou deur mnr. Eiffel. Daar's is nog net 'n paar treine wat elke dag hier aankom.
So lyk die stasiegebou van buite. Hier is 'n groot verkeersirkel voor die stasie met 'n vryheidstandbeeld op die sirkel en 'n paar busse, vragmotors, karre en voetgangers wat almal hul vryheid op die pad geniet.
Ek weet nie watse gebou hierdie is nie, maar Maputo is oral vol sulke klein verrassings. Die sypaadjies het mooi patrone op, daar is huise met Maria-figuurtjies by die voordeur, of in die ou koloniale kern, waar hierdie gebou is, is daar teelwerk soos hierdie, of ander geboue met gekleurede dakteels. Dis nou alles te midde van die effe vervalle sypaadjies en paaie vol slaggate, ek meen die meeste mense fokus so op die pad, om nie in 'n donga te val nie, dat hulle van hierdie klein detailtjies op die geboue dalk mis.
Friday, February 09, 2007
Maputo
Thursday, February 01, 2007
Daar is 'n hemel

Die lewe maak weer sin! Ek kan nie wag vir hierdie wonderlike stukkie tegnologie nie (seker eers laat vanjaar hier by ons, maar miskien kan ek dit Mei-maand in Singapoer of Hong Kong koop as ek weer daar is). Dis net te wonderlik vir woorde. Alles werk met jou vinger, jy kan byvoorbeeld beelde of ikone 'knyp' op die skerm, dan word hulle kleiner, of jou vingers wegtrek, dan word dit groter. Hoe cool is dit!
Briljante joernalistiek

Alice Auma Lakwena, warrior and spirit-channeller, died on January 17th, aged 50
AT A place called Wang Jok, in Paraa National Park in northern Uganda, the Nile flows strongly among trees and over rapids. This is a magic spot: coins, pots and human figures sometimes mysteriously appear from the river. And if you had visited Wang Jok in May 1986 you might have seen, sitting beside the water, a young woman of 30 apparently talking to herself.
People from Opit, the railway town where she lived, knew her as Alice Auma. She sold fish and flour with another woman and had had two husbands, both of whom had deserted her because she was barren. But it was not Alice Auma who was sitting by the Nile. She was possessed by a spirit called Lakwena, and he was holding a consultation with all the animals of the park.
They swarmed round him in a huge bellowing crowd, elephants and hippopotami and crocodiles and giraffes, many of them holding up wounded limbs to be healed. Lakwena asked them who was responsible for the civil war in Uganda, in which the Acholi rebels of the north were fighting the troops of Yoweri Museveni's National Resistance Army. They replied that “the people with two legs” were the violators of peace and Nature. A waterfall and a mountain were interrogated too. They gave back the same answer.
Uittreksel uit The Economist. Lees verder hier. Dis een van die beste artikels wat ek in 'n lang tyd gelees het, vol insig oor godsdiens en oorlog, twee sleutelkwessies van ons tyd.
Subscribe to:
Posts (Atom)